Hoërskool Diamantveld redenaars praat in die Oppie Tong Af nasionale finaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Diamantveld bars van trots oor ons drie leerders wat aan die Nasionale kompetisie vanaf 3 tot 5 Oktober 2024 te Centurion deelgeneem het. Oppie Tong Af is ‘n nasionale veeltalige redenaarskompetisie met van die sterkste skole in die land. Zimri de Wet eindig onderskeidelik 8ste en 13de in haar kategorieë. JD Möller eindig 5de in sy kategorie. Milan le Grange eindig 3de in haar
kategorie.










