Hoërskool Diamantveld karatekas ontvang hul Nasionale kleure
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Richelle Loots en Elizma du Plessis van Hoërskool Diamantveld wat die Noord-Kaap verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse Nasionale JKA Karate-toernooi.
- Richelle het ’n silwermedalje in kata in haar ouderdomsgroep verwerf, asook ’n gouemedalje in kumite.
- Elizma het ’n bronsmedalje in kumite in haar ouderdomsgroep ontvang.
Beide leerders het Nasionale kleure ontvang vir hierdie prestasies! Ons is ongelooflik trots op julle! Welgedaan, dogters!










