Hoërskool Bredasdorp spog met lojale gholfspelers
ADVERTISEMENT
Hoewel die BD- dogters gholfspelers vanjaar die knie moes buig voor Hoërskool Montagu se interskolespan, het hulle ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Nie net het die aantal spelers vermeerder van vier na nege spelers nie, maar hulle het suksesvol deelgeneem aan vier ligabyeenkomste, onder andere op Bredasdorp, Theewaterskloof en Robertson.
Al die spelers is veelsydige sportmanne en –vroue wat ook aktief aan atletiek, tennis, krieket en onderwaterhokkie deelgeneem het tydens die somerseisoen. Die meeste van die spelers het hul persoonlike tellings verbeter. ‘n Gholftoer na Stilbaai vind ook gedurende die laaste week van die kwartaal plaas. Geluk aan hierdie lojale spelers met hul harde werk en deursettingsvermoë.

Vlnr: Johané Beukes (kaptein), Kyle Willeman, Albert Lambrecht, Tiaan Scheepers, Conrad Nortjé, Anelmari van Niekerk, Hanru Zietsman (LSB) en Kevin Goliath









