Hoërskool Bredasdorp leerders wys hul talent in Skeppende Kuns
ADVERTISEMENT
Die gr 9’s van Hoërskool Bredasdorp het hierdie kwartaal vir hul dramataak (deel van Skeppende Kunste), onder die bekwame leiding van juf Karlie Liebenberg, volksverhale opgevoer. Die leerders moes hul eie storie skryf en hul eie kostuums en rekwisiete bring.
Hulle kreatiewe uitbeelding van bekende volksverhale, bv. Die drie varkies, Die drie beertjies en Goue Lokkies, asook ander minder bekende verhale, het vir groot vermaak en pret gesorg. Ons gr 9’s
is beslis baie kreatief.












