Hoërskool Aliwal-Noord se eerste Landloop Ligabyeenkoms vir 2022
ADVERTISEMENT
Hoërskool Aliwal- Noord eerste Landloop Ligabyeenkoms 2022! By Hoërskool Aliwal-Noord is daar plek vir langasems ook! Ses van ons landloop atlete het Vrydag, 6 Mei in Bloemfontein aan die eerste ligabyeenkoms deelgeneem.
Hier volg die uitslae van ons leerders:
- Robert Orrock – 8km (29,47)
- Ashleigh Shaw – 4km (15,48)
- Gift Manamane – 4km (15,54)
- Cwenga Thulelo – 4km (17, 28)
- Catherine van Aardt – 4km (17,44)
- Angelique Kretsenger – 4km (24,03)
Baie sterkte aan al die atlete met die res van die seisoen, ANHS sien uit na nog puik uitslae.
















