Hoër Volkskool Graaff-Reinet jeugweek
ADVERTISEMENT
Die nuwe skooljaar het op ‘n hoë en bedrywige noot afgeskop by Hoër Volkskool – op die sportveld en ook op geestelike gebied. Ons het hierdie week (12 – 14 Februarie) ‘n besonderse Jeugweek saam met ons mede-skoliere van Spandau, Asherville, LVS en Union High geniet. Sprekers Tania de Kock en Erich Posthumus het ons leerders geseën met kragtige boodskappe vanuit die Woord en ook ons meer geleer oor onsself. Die blye boodskap, saam met lofprysing het gesorg vir ongelooflike geestelike groei, en hierdie is nog net die begin! Ons sê spesiaal dankie aan ons sprekers wat van ver af gereis het om ons toe te spreek en ook aan Oom Wian Vos wat getrou betrokke is by ons skool en leerders. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir Sy groot genade gedurende hierdie besonderse week. Die geheim is om op te kyk!














