Hoër Landbouskool Boland Graad 11 leerders het hul landbou kennis verdiep
ADVERTISEMENT
Hoër Landbouskool Boland Graad 11 LBP-leerders is nou toegerus met top vleisbees-beoordelingsvaardighede!Danksy ‘n fantastiese tweedaagse kursus aangebied deur BKB, het ons leerders die wêreld van vleisbeesbestuur en -evaluering binnegedring. Hulle het geleer hoe om sleutel-eienskappe soos diepte, lengte, breedte, vleisbedekking en liggaamsbou korrek te beoordeel, en verstaan waarom dit krities is vir die winsgewendheid en kwaliteit van die vleisbedryf.
Die kursus het teorie en praktiese assessering gekombineer – van produksiekennis tot die individuele evaluering van diere. Dit was ‘n ongelooflike geleentheid wat hul landboukennis verdiep en hul selfvertroue ‘n hupstoot gegee het. Hierdie jong boere is nou gereed om hul merk in die bedryf te maak! Spesiale dank aan BKB vir hul volgehoue en waardevolle investering in ons seuns.
















