Hebron Christenskool sluit die kwartaal af met karwas en “Thrifting”
ADVERTISEMENT
Vir ‘n beter aand kon Hebron Christenskool nie gevra het nie. Ons gesinne het hul kinders se rapporte kom haal en heerlik saam gekuier. ‘n Groot dankie aan ons graad 7’s en die groep van TREE wat motors gewas het. Julle het jul goed van jul taak gekwyt.
Daar was mamma’s wat klere en skoene verkoop het by hul “thrifting” stalletjies en aan die einde van die aand is drie groot sakke eenkant gesit om aan Shiloh Synergy te skenk.
Ons sê ook dankie aan Soul Coffee, Panarottis Brackenfell en Power Bush vir al die smaaklike eet- en drinkgoed wat te koop was. Geniet die vakansie en ons sien julle DV die 14de April. Lekker rus!

























