Goud vir Hoërskool Framesby se SA-Skole hekkies atleet
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby atleet Zanri Black het by die SA-Skole Atletiek Kampioenskappe die 400m Hekkies vir o.19 Dogters in ‘n spogtyd van 1:00.18 gewen. Sy het nie net ‘n persoonlike beste tyd opgestel nie, maar het ook die wedloop op ‘n drafstap gewen en met meer as 2 sekondes voor haar naaste teenstander geëindig. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees. Benewens die goud in die 400m Hekkies, het Zanri haar veelsydigheid bewys en ‘n brons medalje in die 400m verower.










