Goeie uitslae vir Hoërskool Swartland karateka
ADVERTISEMENT
Emma Wynjeterp is verkies om Karate Wes-Kaap by die KSA Cape Town League Championships te verteenwoordig. Dit het op 15 April te Lavender Hill, Kaapstad plaasgevind. Emma het puik gevaar en ‘n brons medalje verower. Baie geluk, Hoërskool Swartland is trots op jou harde werk en deursettingsvermoë!
![]()










