Gereformeerde Skool Dirk Postma eerste netbalspan is goed op dreef
ADVERTISEMENT
Die 0.19A-netbalspan van Gereformeerde Skool Dirk Postma in Pretoria het deurgedring na die distrik se uitspeelrondtes wat Dinsdag by Hoërskool Montana plaasgevind het.
Hier eindig hulle onder die top 2 spanne en gaan dan weer Saterdag in die Tshwane-uitspeelrondtes speel. Hulle het ‘n goeie seisoen agter die rug en is reg vir die volgende rondte.










