Geformeerde Skool Dirkie Postma redenaars laat die tonge klap
ADVERTISEMENT
Op Maandag, 10 Februarie het ons laer- en kleuterskool Dirkies ‘n interne redenaarskompetisie gehad. Die beoordelaars was verstom oor die dapperheid van selfs 5-jarige Dirkies. Hulle het almal hulle woord kom spreek. Oortuigende, beredeneerde toesprake is gelewer en die gehoor is aangespreek en in die oë gekyk. Dankie aan alle deelnemers.
Ons laat weet jul wie aan rondte twee van die
ATKV- redenaars gaan deelneem. Ons daag almal uit om volgende jaar weer op te daag en hierdie mooi geleentheid te benut. Almal moet iewers in hul lewe as Christen hul woord gestand doen en die waarheid kan verdedig. Kom oefen sommer as jongeling jou oorredingsvaardighede. Sien julle volgende jaar.











