EHS-Landsdieners gekies vir provinsiale kamp
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende EHS-leerders wat gekies is vir die Landsdiens Provinsiale Kamp. Die kamp vind DV plaas van 29 Junie – 3 Julie te Blyde Adventure Camps naby Hoedspruit. Om in aanmerking te kom om gekies te word, word daar onder meer na die volgende kriteria gekyk: bywoning, gedrag, lojaliteit, klubkamp bygewoon, jare lid, registrasie op datum. Elke klub mag slegs ‘n sekere aantal leerders na die provinsiale kamp stuur. Leerders wat by bogenoemde kamp presteer, kom in aanmerking vir die nasionale kamp in Desember.
Die graad 8’s wat gekies is, is Carla Bronkhorst, Franco Gibbens, Mia Macaulay, Chané Oosthuizen, Mary-Janè van der Merwe en Madri van Niekerk. In graad 9 is dit Abigail Venter en Tharina Viljoen. Lisakhanya Sindi in graad 10 en Isabelle Moussier in graad 11 is ook gekies.
Hoërskool Ermelo se Landsdieners kom elke Woensdagmiddag van 15:00 – 16:00 bymekaar vir ‘n aktiwiteit wat sentreer om een van Landsdiens se vier liefdes: liefde vir God, liefde vir jou medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid.
Baie sterkte, Erries! Ons weet dat julle die EHS-vaandel hoog gaan laat wapper!

Foto:
Agter (vlnr): Franco Gibbens, Abigail Venter, Isabelle Moussier, Tharina Viljoen
Voor (vlnr): Carla Bronkhorst, Madri van Niekerk, Lisakhanya Sindi, Chané Oosthuizen, Mary-Janè van der Merwe
(Afwesig: Mia Macaulay)









