Die Hoërskool Brandwag vier atleet se silwer medalje
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag vier Kara Fourie se silwer medalje! Na drie dae van intense kompetisie by die ASA Atletiekkampioenskappe, spog Brandwag vanaand met ‘n uitsonderlike prestasie! Kara Fourie het ‘n silwer medalje verower in die 3000m hindernis, met ‘n ongelooflike persoonlike beste tyd van 11:16,65 en ‘n ASA-punt van 898! Wat hierdie prestasie nóg meer spesiaal maak, is dat Kara se tyd vinniger was as die vorige SA rekord van 11:21 – ‘n bewys van haar talent en deursettingsvermoë. Baie geluk aan Kara en haar afrigter, Bennitus Welch, wat vir die tweede keer ‘n ASA-medalje vir Brandwag verower het! Om tweede in Suid-Afrika te wees, is ‘n ongelooflike prestasie waarop ons almal trots is!










