Die Hoërskool Brandwag sangers blink uit
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag se sangers het hul talente met trots ten toon gestel. Woensdag, 6 Augustus het die soliste en duette aan die Pearson Praelidium Eisteddfod deelgeneem en uitstekende prestasies behaal:

Soliste
Kaylinn Smith – Goud
Sheona-Lee – Goud
Rachel Swanepoel – Silwer

Duette
Kaylinn Smith & Jamie-Lee de Jager – Goud.
Michelle Brinkhuis & Michael Bezuidenhout – Silwer.
Aiden Burger & Jamie-Lee de Jager – Silwer.
Sheona-Lee Blou & Michelle Brinkhuis – Silwer.
Linelle Dobie & Sheona-Lee Blou – Brons.
Isabella Rademeyer & Linelle Dobie – Brons.
Donderdag, 7 Augustus het die Brandwag Koor hulle beurt gekry en ’n welverdiende! Silwer met hul twee liedere gewen. Dis ’n merkwaardige prestasie, veral omdat hulle vroeër vanjaar ’n brons verower het. Ons is ongelooflik trots op elke leerder en die merkbare groei deur die jaar. Die band van grys en groen leef in elke noot wat gesing word!










