Die Hoërskool Brandwag Eerste XI wen oortuigend teen Despatch
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag Eerste XI wen oortuigend teen Despatch! Ons 1ste-krieketspan het ’n uitstekende vertoning gelewer in die SA Skole T20-toernooi toe hulle Despatch Eerste XI met 88 lopies verslaan het! Brandwag kolf eerste en teken ’n indrukwekkende 193/3 in 20 beurte aan.
Topkolwers:
- Joshua Badenhorst – 72* van 43 balle
- Rezanio Petrus – 46 van 39
- Divan Kotzé – 31* van 21
Despatch kon nie tred hou nie en is vir 105 uitgehaal in 19 beurte.
Topboulers:
- Divan Kotzé – 3 vir 10
- Danrich Ingram – 3 vir 22
- Rezanio Petrus – 2 vir 17
’n Oortuigende oorwinning vir ons manne! Brandwag beweeg aan na die volgende rondte van die toernooi – goed gedoen, Brandwagters!










