Curro Durbanville vier Nasionale Melktertdag
ADVERTISEMENT
Hoërskool Curro Durbanville het op 27 Februarie 2023, Nasionale Melktertdag in volle glorie gevier. Die Afrikaans Departement wat bestaan uit Me. Joline de Klerk, Me. Genene Johnson, Me. Rozanne Burger, Me. Maritsa Smit, Me. Jomé van Huyssteen en Me. Wynandé Kruger – het elkeen van hulle leerders op dié spesiale dag met ‘n stukkie smullekker melktert getrakteer. Dus leer ons leerders wat Afrikaans as tweedetaal neem, ook meer van die kultuur rondom die Afrikaanse taal.















