Bridge House leerder se gedig word vir Nasionale bundel gekies
ADVERTISEMENT
Emma van der Waal (Graad 12)leerder van Bridge House se gedig ‘Lasdraer’ is gekeur om in ‘n nasionale bundel te verskyn. Die kompetisie was vir die skryfkuns van persone van enige ouderdom en daar was meer as ‘n duisend inskrywings. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie, Emma!
Lasdraer – Emma Van Der Waal
Newels waak ek in stoffelose donse van ’n sagte hand,
Tussen die plooie van ’n palm met eteriese verstand,
Op sy pols is daar ‘n web van almagtige are,
Wat my omhels met die warmte van geestelike genade.
‘Hoekom dra jy die kruis van ‘n dooie se berou?’:
Ek is ‘n kantlyn treurende wat dobbel met ‘wat sou’,
Om ‘n lasdraer te wees gee my tog ‘n verskoning,
Om aan te hou met my swart skaapse vertoning.
‘En as jy minder tyd gehad het, wat sou jy doen?’:
Ek sou gaan smeek by Kronos se skimagtige skoen,
Om die hande van my horlosie se oneindige plig,
Met net ‘n paar ure hier en daar te onstig.
‘Maar wat as jy meer tyd gehad het?’:
Dan het ek vir Kees voorgegaan in gebed,
Om te vra of hy my smeek asseblief sal verdra,
Om net ‘n paar dae langer aan die saak by te dra.
‘So of dit nou minder of meer was,
Het jy jou tyd gebruik tot die laaste grantjie as.
So hoor my nou, my kind: Sit neer die seer,
En laat die dood rus in eer,’
‘Soen dan die voorkop van vergifnis,
Laat jou hart vir laas daai stukkie vermis.
Dan sit jy weg die lig van hierdie berou,
En los die kruis van die dood in die grond toegevou.’