Bethlehem Voortrekker swemmers is gereed vir die Levels
ADVERTISEMENT
Swemmers van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het aan die Pelicans/Neptune’s gala te Bloemfontein deelgeneem. Kennith het twee derde plekke en ‘n vierde plek behaal, Cherná het ‘n tweede plek en ‘n derde plek behaal terwyl Jaden drie tweede plekke en een eerste plek behaal het. Hierdie swemmers is nou gereed vir die Levels wat binnekort afskop.










