Bethlehem Voortrekker Hoërskool swemmers swem skitter prestasies los
ADVERTISEMENT
Die volgende leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, asook lede van die Bethseals swemklub, het op 6 en 7 Oktober 2023 aan die Super Seals gala te Bloemfontein deelgeneem en baie goed gevaar: WJ Kruger, Pieter Vermoten (tuisonderrig) Jaden Maritz (tuisonderrig) behaal algeheel ‘n 1ste plek vir 17 jaar en ouer; ook senior victor ludorum. Gabby Bishop, Elanri Du Randt en Simonè Pretoruis kwalifiseer vir Level 2 Kampioenskappe . Die leerlinge het ook die 2de Oktober tot 6de Oktober aan die Super Seals Tec- week deelgeneem.
Die afrigters wat die kamp aangebied het, was die Top 5 Afrigters in die land nl: Simon Gray Aiden Goate, Dean Price, Tracy Hemphill en Eugene de Ponta. Suid-Afrika se Top Borslag- swemmer wat Olimpiese Spele toe gaan in 2024, het al die swemmers geïnspireer. Dit was ‘n baie waardevolle week. Trekkertrots!

Links na regs: Simonè Pretoruis, WJ Kruger, Gaby Bishop, Elanri du Randt Jaden Maritz (Afwesig met neem van foto), Pieter Vermoten (Afwesig met neem van foto)








