Bethlehem Voortrekker Hoërskool is ongelooflik trots op hul skut
ADVERTISEMENT
Leibrandt Swart het die naweek (8, 9 en 10 Sept) deelgeneem aan die Handwapen SA Kampioenskappe, aangebied in NW op die Fontier skietbaan. Daar was altesaam 410 skuts wat oor die 3 dae 24 bane geskiet het. Die kompetisie was baie straf en Leibrandt het teen verskeie Proteaskuts meegeding. Leibrandt einding 3de in die Junior (17-22jr) Produksie klas en kwalifiseer ook vir die All Africa Champs wat in 2024 gehou gaan word. Hierdie was Leibrandt se 1ste Nasionale SA Kampioenskap kompetisie en Bethlehem Voortrekker Hoërskool is ongelooflik trots op hom oor sy prestasie.










