Bethlehem Voortrekker Graanveld 2023 atletiekuitslae
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Graanveld 2023 atletiekuitslae. Athletics is not so much about the legs. It’s about the heart and the mind. – E. Kipchoge. Graanveldatletiek is jaarliks ‘n hoogtepunt op die Voortrekkerkalender. BVHS beleef in 2023 ‘n uitstekende Graanveld-atletiekbyeenkoms met top prestasies op die veld en op die baan. Dit word gestaaf deur die feit dat Voortrekker die meeste goue medaljes verower asook die meeste totale aantal medaljes. BVHS spog ook met die meeste atlete onder die top 50 atlete kan spog. Voortrekker tree as waardige 2023 Graanveld wenners uit die stryd!
Baie geluk aan Karli van Niekerk wat die beste prestasie van die dag vir BVHS behaal het met 889 punte vir dogters o/19 Gewigstoot. Die hoogtepunt van die dag was sekerlik die aflosse waartydens BVHS 7 van die 10 goue medaljes, wat op die spel was, gewen het. Hierdie ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande wat behaal is deur toegewyde atlete, ondersteun deur bekwame, entoesiastiese afrigters en die puik gees van die Trekkers in die paviljoen. Vanaf die Fakkelloop wat vooraf gegaan het, het die atlete besef dat die faktore wat die verskil tydens die byeenkoms gaan maak, Trekkertrots en Trekkergees is. Die vasberadenheid en deursettingsvermoë wat elke Trekkeratleet tot oor die wenstreep gedra het, is die bewys daarvan.
Non sibi sed patriae! Die dag is ook gekenmerk deur die groot aantal rekords wat verbeter is. Meer inligting hieroor volg sodra alle rekords bevestig is. Ons wens al ons atlete die allerbeste toe vir die res van die seisoen. Harde werk en talent is ‘n wenresep vir sukses.

























