Wiele: Mahindra KUV 100 getoets
Woorde deur Franco Theron
Die Suider-Afrikaanse mark vind selde deesdae ‘n splinternuwe voertuig onder R200 000, met net enkele klein luikrug voertuie, wat die lyn haal. Die Mahindra KUV 100 is egter nou ook een van hierdie voertuie en bied goeie waarde vir geld.
Met eerste oog opslag, lyk die KUV 100 baie vreemd met eienaardige lyne en proporsies. Iets, wat dalk nie wenslik is op die oop pad nie. Met ‘n taamlike hoë ontwerp op hierdie klein voertuig, sukkel die KUV redelik in die Kaapse Suidooster.
Tweedens, is dit ook nie die kragtigste voertuig nie. Die 1.2 G80 (drie silinder) enjin sal jou van 0-100 km/h in 13.44 sekondes. Wel, nie veel meer kan verwag word van ‘n voertuig, wat 57 kW en 190 Nm het nie.
Verder, hardloop die vyf-spoed handrat teen hoë revolusies op die oop pad (3 000 opm teen 120km/h). Wind- en padgeraas is ook prominent.
Die KUV 100 bied egter baie karakter en bied waarde vir geld, veral as dit oorweeg word hoeveel die voertuig kos. Ingesluit by die prys kom LED dagligte, ‘n 243 liter (473 liters met die agterste sitplekke afgeslaan) bagasie stoorspasie, lugverkoeling, ABS, EBD, twee lugsakke, kragstuur, ‘n multi funksionele stuurwiel, bloutand, USB konneksie, en ‘n 12V konneksie.
‘n Outomatiese Stop / Aanskakel funksie is ook bygevoeg, hoewel ons ‘n paar keer met die voertuig tot stillstand gekom het en die slinger weer moes draai om die enjin aan te skakel. Die geheim met die KUV 100 is om jou voet heeltemal vanaf die koppelaar te haal, waarna die bestuurder weer die koppelaar gestoot moet word. Selfs met hierdie, is die enjin se aanskakeling wel traag.
Brandstof verbruik is ook nie ideal vir hierdie drie silinder voertuig nie, met 9.1 liter / 100 km, wat op die ou end van die dag die beste resultaat was. Vir ‘n 1600kg voertuig, word ‘n veel laer brandstof verbruik verwag.
Ons het dit wel nuttig gevind om die rathefboom reg bo by die bestuurder se arm te hê (direk langs die stuurwiel), wat ons effe soos ‘n Wêreld tydren kampioen laat voel het.
Ter afsluiting, bied die Mahindra KUV 100 tans goeie waarde vir geld en is di teen van die min voertuie, wat naby aan die R200 000 merk draai. Ons KUV 100 Nxt. 1.12 D75 K8 was egter effe duurder teen R224 999, maar bied ‘n waarborg van drie-jaar / 100 000km en ‘n drie-jaar / 50 000km diensplan.
Opmerkend is wel dat die KUV 100, Mahindra se verkope geweldig verbeter het in Suider-Afrika. Ter verstaande, veral as dit opgemerk word dat die KUV 100 NXT 1.2 G80 K2+ teen ‘n skrale prys van R137 999 verkoop word.
Met twee lugsakke, EBD en ABS, sowel as baie van dieselfde spesifikasies as die K8, is die K2+ een van die mees bekostigbare nuwe voertuie op ons mark, met veel beter veiligheids standaarde as die kompitisie in dieselfde prysklas.
Hoewel die K8 dalk baie sterker kompitisie het, kano ns wel bevestig dat die K2+ ‘n baie goeie koop vir die prys is.
Vir meer motornuus, besoek gerus https://www.namwheels.com