AG Visser Rugby-Sewes en “Fast Five” Netbaltoernooi – Skoolhoof Voorwoord
Dit is vir my ‘n groot voorreg om u by Laerskool A G Visser se 4de jaarlikse o.11, o/12 en o/13 sewes-rugby en “Fast5” netbaltoernooi welkom te heet. Die het klein begin, maar het gegroei tot ‘n volwaardige sportgeleentheid waarop ons baie trots is.
Ons het die toernooi 4 jaar terug met net 7’s rugby begin maar het 2 jaar terug besluit om die netbal ook deel daarvan te maak. Die toernooi is begin om vir die jongspan geleentheid te gee om op die hoogste vlak te kan deelneem aan hierdie twee unieke sportkodes.
Mag u ‘n wonderlike ondervinding saam met ons in die pragtige Heidelberg hê. Dit is werklik ons strewe om ’n blywende, positiewe herinnering by u te laat. Hierdie is natuurlik ook ’n geleentheid om vriendskapsbande oor provinsiale grense te smee. Kom ons maak ons samesyn vir mekaar aangenaam.
Baie dankie aan ons borge en donateurs vir hul bydraes. U speel ‘n reuse en onontbeerlike rol in die sukses van hierdie toernooi.
‘n Spesiale welkom aan elke deelnemer wat deel vorm van hierdie besonderse toernooi, mag die herinneringe hiervan julle altyd bybly.
Ons dank u vir u ondersteuning. Dit is ons wens dat u hierdie toernooi en dít wat voor u afspeel, sal geniet.
Vissiegroete
Mnr L Ehlers
Skoolhoof – Laerskool A G Visser

Mnr L Ehlers