Afrikaanse Hoër Seunskool graad 8’s mentorskapprogram het afgeskop
ADVERTISEMENT
Die graad 8-mentorskapprogram het gisteraand afgeskop. Oud-Affie Dewald Brevis (matriek 2021), beroepskrieketspeler, het met die graad 8’s oor die waardevolle insette wat Affies in sy lewe gemaak het, gesels. Daarna kon die “Ooms” (matriek-Affieraad) hulle wyshede en meer oor Affies-wees met die manne deel.














