Afrikaanse Hoër Meisieskool Juniorkoor skitter by Legato Koorfees
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool Juniorkoor skitter by Legato Koorfees. Die talentvolle Juniorkoor het aan die finaal van die Legato Koorfees deelgeneem — en wat ’n belewenis was dit nie! Tussen van die land se mees ervare en ouer kore het ons dogters hulle plek volgestaan met ware Affie-gees. Ons is ongelooflik trots op elke lid van die koor vir hul toewyding, harde werk en vreugdevolle sang.
’n Spesiale oomblik was toe ons bekroon is vir ons vertolking van die Japannese stuk Aki Tu Fuyu met die volgende toekenning: “Exceptional performance of a classical contemporary piece” Baie geluk, Juniorkoor! Julle het vandag baie harte geraak.











