Op die AWSUM Rusbank met Hoërskool Dr. EG Jansen se hoofdogter
Ontmoet Hoërskool Dr. EG Jansen se hoofdogter: Alyssa Trahms

Alyssa Trahms
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Wat is jou leierskapstyl?
Ek wil leer saam met my mede-leerlinge en dinge saam met hulle doen om ‘n voorbeeld te stel.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
My sterkpunt is dat ek vinnig verhoudings met mense bou. My swakpunt is dat ek te min ernstig is en altyd probeer grappe maak.
Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool?
Ek sien die meeste uit om ander te help en om my vingerafdruk op die skool te plaas sodat mense my sal onthou.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool?
Ek sal graag vaste tradisies wil terugbring in ons skool sodat ons kan weet wat dit is om werklik trots te wees op ons skool.
Wat geniet jy die meeste van jou skool?
Ek geniet die aktiwiteite by ons skool baie soos die revue of huissportdag. Die atmosfeer hier is ongelooflik.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik?
Ek wil graag baie goeie punte behaal sodat ek plek kan kry by TUKS.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers?
Wees altyd jouself, gee om vir ander en reik jou hand uit vir mense wat dit nodig het.Wees ‘n goeie mens en maak staat op die Here om jou te ‘recharge’.
Wie is jou rolmodel?
Rupi Kaur, die skrywer van Milk & Honey. Ek is mal oor die manier hoe sy die wêreld sien.
Wat is jou planne vir 2021?
Hopelik om by TUKS besig te wees met my graad en om dalk êrens oorsee te gaan.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom?
Wonder Woman – Sy is ongelooflik slim en dit is belangrik, maar sy is ook vreeslik mooi en bang vir niks.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met …
My vriende en ek sal heel waarskynlik by een van ons huise besig wees om te “band practice”.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’?
‘n Jong Leonardo DiCaprio, want hy was baie aantreklik. Sy kennis oor klimaatsverandering en hoe om die wêreld beter te maak is net ‘n bonus.
Kies een:
Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
Cappuccino, warm sjokolade of tee? Tee
Braai saam met vriende of ‘n wegneemete?‘n Braai saam met vriende
Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? ‘n Musiekfees bywoon
Andriod of iOS? iOS